30 sep
|
Carlysle Human Capital
|
Ceres
30 sep
Carlysle Human Capital
Ceres
Jou verantwoordelikhede Voorbereiding van maandelikse bestuurstate vir die betrokke area, insluitend ontleding en verduideliking van afwykings. Hantering van bankrekonsiliasies, krediteure, debiteure en finansiële joernale . Volledige bestuur en beheer van die bateregister , insluitend toevoegings, vervreemdings, waardevermindering en fisiese verifikasie. Assistering met die voorbereiding van begrotings en finansiële projeksies . Monitering en opvolg van kapitaalbesteding teen goedgekeurde aansoeke. Gehaltebeheer oor finansiële en administratiewe werk voordat dit aan die Finansiële Bestuurder voorgelê word. Vroeë identifisering van finansiële afwykings, tendense en potensiële risikos . Ontleding van finansiële data om bestuur met akkurate en betekenisvolle finansiële inligting te ondersteun. Identifisering van geleenthede om verslagdoening, stelsels en finansiële prosesse te verbeter. Algemene finansiële ondersteuning aan die landgoedere en Finansiële Bestuurspan.
Wat ons van jou verwag
Die ideale kandidaat sal beskik oor:
- BCom, BCompt of nagraadse diploma in Rekeningkunde . (completed Articles) Minstens 3 jaar toepaslike rekeningkundige ervaring . Bo-gemiddelde Excel-vaardighede . Ervaring met Microsoft Business Central (BC) sal n sterk voordeel wees. Sterk analitiese en administratiewe vermoëns . Uitstekende aandag aan detail en akkuraatheid. Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede . Die vermoë om onafhanklik te werk, inisiatief te neem en verantwoordelikheid te aanvaar.
- Hoë vlak van integriteit, dissipline en dryfkrag . Ervaring binne n landbou-omgewing sal n verdere voordeel wees.
Posbesonderhede
Ligging: Ceres, Wes-Kaap
Kontrak: Permanent
Vergoeding: Markverwant
Neem die volgende stap in jou rekeningkundige loopbaan en word deel van n gevestigde landbou-omgewing waar jou finansiële insig n werklike verskil kan maak.
📌 Rekenmeester (Ceres)
🏢 Carlysle Human Capital
📍 Ceres