10 sep
|
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
|
Santa Fe
10 sep
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
Santa Fe
HOOFSJEF & LODGE BESTUURDERGatsrivier Lodge – Ceres Karoo'n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na 'n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en 'n uitstekende ervaring aan alle gaste te bied.
Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die kombuis, gaste-ervaring en daaglikse lodge-operasies, terwyl die persoon self ook prakties deelneem aan die kombuis- en lodge-werk.SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDEBeplanning, voorbereiding en bediening van hoëgehalte maaltye.Ontwikkeling van spyskaarte volgens gaste se behoeftes en operasionele vereistes.Voorraadbeheer, aankope, bestellings en ontvangs van voorraad.Effektiewe kostebeheer en beperking van vermorsing.Bestuur van voedselkwaliteit, higiëne en voedselveiligheidstandaarde.Leiding, opleiding en ontwikkeling van kombuis- en ondersteuningspersoneel.Hantering van spesiale dieetvereistes en individuele gasteversoeke.Verseker 'n warm, professionele en uitsonderlike gaste-ervaring.Toesig oor die lodge se daaglikse bedrywighede en dienslewering.Koördinering met ander departemente en personeel.Administrasie,
verslagdoening en operasionele beplanning.VEREISTESErvaring as Hoofsjef, Sjef, Lodgebestuurder of in 'n soortgelyke gasvryheidsposisie.Sterk leierskap- en organisatoriese vaardighede.
'n Passie vir kos, gasvryheid en uitstekende diens.Kan selfstandig werk en goeie besluite onder druk neem.Prakties en bereid om self in die kombuis en lodge te werk.Goeie komunikasie- en mensevaardighede.Betroubaar, professioneel en energiek.Hoë standaarde ten opsigte van netheid, higiëne en diens.Goeie administratiewe en kostebeheer-vaardighede.Geldige rybewys en eie betroubare vervoer.WERKSOMSTANDIGHEDELigging: Ceres Karoo – ongeveer 130 km vanaf Ceres / ±1 uur 45 minute se ry.Verblyf beskikbaar op die perseel.Eie vervoer is noodsaaklik weens die afgeleë ligging van die lodge.AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER ****Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van ****
#J-*****-Ljbffr
📌 Hoofsjef & Lodge Bestuurder Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo (Santa Fe)
🏢 HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
📍 Santa Fe