HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
|
Ceres
07 sep
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
Ceres
HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER
Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo
’n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en ’n uitstekende ervaring aan alle gaste te bied. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die kombuis, gaste-ervaring en daaglikse lodge-operasies, terwyl die persoon self ook prakties deelneem aan die kombuis- en lodge-werk.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
- Beplanning, voorbereiding en bediening van hoëgehalte maaltye.
- Ontwikkeling van spyskaarte volgens gaste se behoeftes en operasionele vereistes.
- Voorraadbeheer, aankope, bestellings en ontvangs van voorraad.
- Effektiewe kostebeheer en beperking van vermorsing.
- Bestuur van voedselkwaliteit, higiëne en voedselveiligheidstandaarde.
- Leiding, opleiding en ontwikkeling van kombuis- en ondersteuningspersoneel.
- Hantering van spesiale dieetvereistes en individuele gasteversoeke.
- Verseker ’n warm, professionele en uitsonderlike gaste-ervaring.
- Toesig oor die lodge se daaglikse bedrywighede en dienslewering.
- Koördinering met ander departemente en personeel.
- Administrasie, verslagdoening en operasionele beplanning.
VEREISTES
- Ervaring as Hoofsjef, Sjef, Lodgebestuurder of in ’n soortgelyke gasvryheidsposisie.
- Sterk leierskap- en organisatoriese vaardighede.
- ’n Passie vir kos, gasvryheid en uitstekende diens.
- Kan selfstandig werk en goeie besluite onder druk neem.
- Prakties en bereid om self in die kombuis en lodge te werk.
- Goeie komunikasie- en mensevaardighede.
- Betroubaar, professioneel en energiek.
- Hoë standaarde ten opsigte van netheid, higiëne en diens.
- Goeie administratiewe en kostebeheer-vaardighede.
- Geldige rybewys en eie betroubare vervoer.
WERKSOMSTANDIGHEDE
- Ligging: Ceres Karoo – ongeveer 130 km vanaf Ceres / ±1 uur 45 minute se ry.
- Verblyf beskikbaar op die perseel.
- Eie vervoer is noodsaaklik weens die afgeleë ligging van die lodge.
AAN
📌 HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo
🏢 HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
📍 Ceres
Postulate a este anuncio
Muestra tus habilidades a la empresa, rellenar el formulario y deja un toque personal en la carta, ayudará el reclutador en la elección del candidato.